Krummeltjie wat Brood geword het…
‘n Waarskuwing teen Geestelike Arrogansie
Te blind om te kan sien…
Blindheid is vir my ‘n
skrikwekkende gedagte!
In Lukas 18:35-42 lees ons die interessante verhaal van die blinde man wat na Jesus uitgeroep het om hulp. Sonder ophou; tot eindelose frustrasie van die dissipels en ander omstanders het hy aanhou roep tot hy die Meester se volle aandag gehad het. Ek is oortuig dat daar baie ander siekes tussen die skare was wat ook na Jesus uitgeroep het daardie dag. Maar daar was iets in hierdie man se stem wat Jesus laat omdraai het. Die vuil, verslete, armoedige man was deur sy blindheid gevonnis tot die lewe van ‘n bedelaar. Maar die Here het gemerk dat in sy hart het hierdie man meer verlang as net nog ‘n stukkie brood vir die aand. In hom was ‘n hunkering na ‘n vrugtevolle lewe. “Here, ek wil kan sien!” Dit is woorde wat ‘n hele streepsak vol behoeftes, begeertes en hunkering saam bondel. Met hierdie paar woorde praat sy hart eintlik paragrawe. “Here ek is moeg vir sit, ek is moeg vir bedel, en ek wil ook gaan waar U gaan. Maar ek kan U nie sien nie. Ek is té blind, Here! Ek raak die pad byster, ek val en maak ‘n gek van myself. Ek is verplig om diegene te volg wat bereid is om my te lei, maar Here ek is té blind – hulle lei my soms op verkeerde weë en dan sukkel ek om die pad huis toe te kry. Here ek wil kan sien! Ek wil duidelik kan sien! Niks meer weggesteek nie. Niks meer donker nie.”
In Lukas 18:35-42 lees ons die interessante verhaal van die blinde man wat na Jesus uitgeroep het om hulp. Sonder ophou; tot eindelose frustrasie van die dissipels en ander omstanders het hy aanhou roep tot hy die Meester se volle aandag gehad het. Ek is oortuig dat daar baie ander siekes tussen die skare was wat ook na Jesus uitgeroep het daardie dag. Maar daar was iets in hierdie man se stem wat Jesus laat omdraai het. Die vuil, verslete, armoedige man was deur sy blindheid gevonnis tot die lewe van ‘n bedelaar. Maar die Here het gemerk dat in sy hart het hierdie man meer verlang as net nog ‘n stukkie brood vir die aand. In hom was ‘n hunkering na ‘n vrugtevolle lewe. “Here, ek wil kan sien!” Dit is woorde wat ‘n hele streepsak vol behoeftes, begeertes en hunkering saam bondel. Met hierdie paar woorde praat sy hart eintlik paragrawe. “Here ek is moeg vir sit, ek is moeg vir bedel, en ek wil ook gaan waar U gaan. Maar ek kan U nie sien nie. Ek is té blind, Here! Ek raak die pad byster, ek val en maak ‘n gek van myself. Ek is verplig om diegene te volg wat bereid is om my te lei, maar Here ek is té blind – hulle lei my soms op verkeerde weë en dan sukkel ek om die pad huis toe te kry. Here ek wil kan sien! Ek wil duidelik kan sien! Niks meer weggesteek nie. Niks meer donker nie.”
Wat is jou grootste vrees?
Wat laat die binnekant van jou maag omdop aan
die blote gedagte daaraan? Die dood? ‘n Erge siekbed? Finansiële
ruinering? Of is jou vrees iets baie meer persoonlik soos die onbekende of eensaamheid?
Hoe dit ookal sy, vrees is meer as net bang wees. Bang wees word beleef in ‘n
oomblik… vrees verlam jou siel as jy slapeloos in die oggendure daaroor lê en
tob.
My vrees is tweeledig. En
alhoewel die Bybel vir my die ware bron van lewenswater vanaf die troon van God
bring, is daar twee skrifgedeeltes in Sy woord wat my laat wakker lê in die
nag. Die eerste een vind ons in Esegiël 3:17-21 “Mensekind, Ek het jou as wag
vir die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy
hulle van my kant waarsku. As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik
sterwe—en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose
weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur
sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed
sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie
van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy
ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. En as ‘n regverdige hom van
sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek ‘n struikelblok voor hom gooi, dan
sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe,
en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en
hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy
het jou siel gered.”
“Maar sy bloed sal Ek van jou
hand eis!” Hoe verskriklik is hierdie
woorde nie! Hoe angswekkend om te dink dat Christus, wat Sy hande laat
deurboor het vir elke siel op hierdie aarde, eendag na my moet kyk en sê: “Roné,
as gevolg van jou optrede, as gevolg van jou nalatige gebruik van woorde, as
gevolg van jou verkeerde lering of gebrek aan leiding het hierdie man; hierdie
vrou; hierdie kind… verlore gegaan. Hierdie vers laat my maag omdop - dit is
wat my siel verlam in die oggendure wanneer ek daaroor lê en tob… Dan ondersoek
ek my lewe weer van hoek tot kant. Ek trek my speuderjas aan en klouter oor die
heinings van ou herinneringe en ek soek … en bid. Ag Here, wees my sondaar
genadig! Daar was al te veel nalatige woorde en te veel gebrek aan leiding.
Laat u kinders tog nie die prys van my swakheid betaal nie!
Ek ken jou nie
Die tweede skrifgedeelte vind ons
in Matteus 7:21-23 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die
koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die
hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam
geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen
nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My,
julle wat die ongeregtigheid werk!”
Hierdie openbaring van Christus
Homself moes die sandale van die dissipels se voete af laat skrik het! Is dit dan moontlik dat jy in die werk van die Here kan staan en verlore gaan? Kom ek vra
dit andersom – is dit moontlik dat jy in die diens van die Here kan staan en
meer skade kan aanrig as goed? Dit kan ons dalk verstaan van jong Christen
werkers – onervare en oorywerig! Maar wat van gesoute arbeiders? Ou hande? Is
dit moontlik dat ek so ‘gemaklik’ kan raak in my werk vir die Here dat ek te
blind raak om te besef ek rig meer skade aan as goed? Is daar ‘n geestelike
arrogansie wat dreig om met die jare saam te kom? Die ‘ek weet alles – jy kan
my niks meer leer nie’ houding…
Geestelik te blind om te kan sien …
Leo Tolstoy het gesê: “An
arrogant person considers him/herself perfect. This is the chief harm of
arrogance. It interferes with a person’s main task in life – to become a better
person.”
Altwee hierdie skrifgedeeltes wat
my in die nagte laat wakker lê het hulle wortel van kwaad in geestelike
arrogansie. In beide gevalle verwys die Here na die wat in God se diens staan
(en as jy die naambordjie van Christen om jou nek hang dan staan jy in Sy
diens!). So is dit is dan wanneer ek hierdie skrif lees dat ek soos die blinde man na
Christus begin smeek-roep! Here, ek wil kan sien! Want hoe verskriklik blind is
geestelike arrogansie dan tog nie? Wanneer krummeltjie brood geword het…
Op ‘n manier dink ek daar is niks
erger nie. Die moordenaar en die dief ken hulle sonde, hulle weet wat hulle
verkeerd gedoen het. Maar die arrogante person – veral die geestelilke
arrogante persoon is té blind om te kan sien. Hierdie waarheid maak my
angsbevange! En ek verslete, armoedige blinde roep my smeek gebed na die
enigste een wat my kan genees van die blindheid wat van my ‘n geestelike sot
gemaak het.
Here, ek wil kan sien! Asseblief
laat my tog nie toe om geestelik so blind te word dat ek nie agterkom dat my
arrogansie my van U vervreem het nie. Raak die oë van my hart aan wanner my
verstand te selfversekerd geraak het om agter te kom dat ek U skape laat
verlore gaan. Want geestelike arrogansie laat my so blind dat ek agter
verkeerde stemme aanloop en dan raak ek die pad byster. En ek val en maak ‘n totale gek van myself… maar
in my blindheid ploeter ek voort en probeer self my rigting vind. Die
bejammerendswaardige feit is dat al die ander mense dit kan raak sien… almal
behalwe ek…Here, bewaar my van geestelike arrogansie! Bewaar my van geestelike
sotheid! Want dis wat gebeur wanneer krummeltjie brood geword het…
‘n Laaste woord van aanmoediging:
Maak seker dat jou
bediening God se bediening is. Verwyder alle hoogmoed en eiewysheid. Bring baie
tyd in stilte met jou Meester deur. Leer van Hom, volg Hom, laat Hy vir jou die
paaie gelyk maak en laat alle sukses Sy sukses wees.
En onthou
geliefdes…
“Daar is net een glanspersoon
– net een ster in die Kerk en dit is Jesus Christus!
Ons is
mede-werkers van Hom – nie mede-sterre nie.
Moet nie dat jou
bediening meer kollig op jouself werp as op die Seun van God nie.
Hy alleen is en
was en sal altyd wees – die Koning van die eeue!”
Mag julle geloof
elke dag sterker word!
Groete!
Roné F.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking