06
Oktober 2015:
6 Oktober 1991 |
Vandag het ons die voorreg om ons
24ste
huweliksherdenking
te vier!
Saam het ons geleer...
- Liefde word nie net gevind in die oomblikke wat ons in mekaar se oë kyk nie; maar in die rig van ons oë in die dieselfde rigting – ’n gemeenskaplike doel – en die saamspan om dit te bereik.
- Die kosbaarste bydra tot ’n huwelik is die voortdurende aanmoediging vir jou lewensmaat om sy/haar volle potensiaal te bereik. Hierdie aanmoediging sal noodgedwonge hand aan hand gevind word met opbouende kritiek, openhartige eerlikheid en opregte trots in elke tree voorentoe.
- Hierdie lewe is klaar hard genoeg... hoekom sal ons dit dan waag om ’n dag te begin sonder om die Here se leiding en beskerming te vra of ’n dag af sluit sonder om vir Hom dankie te sê? Sonder ons Heiland kan ons nie funksioneer nie; gaan ons nie behoue bly nie en weier ons om een tree voort te gaan!
- Ons kosbaarste besittings is ons kinders!
- Ons geliefkoosde skriftuur: Matteus 9:36-28 “En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie. Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.”
- Ons grootste uitdaging is ons roeping in Christus om deur die krag van die Heilige Gees, God se mense te versterk in hulle geloof in Christus Jesus ons Middelaar sodat elkeen ’n lewende verhouding met Christus kan en wil hê.
... en ten laaste... elke dag is
net genade. Doen jou beste en laat die res aan God oor...
Gaan sit saam met jou eggenoot en definieër julle huwelik.
Waarvoor staan julle as 'n egpaar?
Wat maak julle samevoeging as 'n eenheid kosbaar?
Bid saam, leer saam en groei saam.
Liefde in Christus!
Ler. Morné en Roné Fürstenburg
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking