Donderdag 15 Oktober 2015

Unieke saaier vir 'n unieke saailand.

Die drie grootste foute wat in evangelisasie werk begaan word:


  1. Die aanname dat elke missie veld dieselfde is. - "Die wêreld is vol unieke mense..."
  2. Die nalaat van deeglike navorsing van die teiken groep.  - "Weet met wie jy gaan werk..."
  3. Die idee dat 'die tyd voor die Here se koms min is' en vervolgens die oorhaastige aanbiedinge van swak beplande of uitgediende programme.  - "Hoekom is daar nooit genoeg tyd om dit die eerste keer ordentlik te doen nie maar daar is altyd tyd om dit te moet oordoen...?"

Die drie grootste behoeftes in evangelisasie werk vandag:

  1. Werkers wat in 'n verskeidendheid van tale die saai werk kan doen. - "Daar is konsepte van geloof wat in 'n moedertaal verstaan moet word..."
  2. Werkers wat met verskillende ouderdoms groepe kan werk. - "Oud en jonk moet die boodskap van God se genade en die Verlossing in Jesus Christus ontvang..."
  3. Werkers met 'n passie vir siele. "Daar is genoeg tyd om genoeg tyd te spandeer aan God se werk..."


Die drie grootste waarhede van suksesvolle evangelisasie werk:


  1. Die Here roep 'n GROOT verkeidenheid van mense om met 'n GROOT verskeidenheid van mense te werk!  
  2. Daar is 'n groot genoeg verkeidenheid van mense om met die groot verskeidenheid van mense te werk!
  3. Die verskeidenheid van mense is die prag van God se skeppingsvermoeë. Geen stam, taal, volk of nasie het sonder Sy skeppings-krag tot stand gekom nie. 


Openbaring 14:6
"En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke." 


Kompas Bedieninge 
vra weereens u voorbidding vir al die evangelisasie projekte wat vir 2016 in beplanning is.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Gewilde Artikels